Enige inligting oor die klub kan op hierdie webwerf of van een van die volgende persone bekom word:
Voorsitter: Danie Steyl
078 469 3727
Sekretaresse: Jolinda Viljoen
073 895 1276
Die doel van die klub is om op ‘n georganiseerde wyse geleenthede aan sy lede te bied om aan gesonde voetslaanaktiwiteite in die natuur deel te neem.
Die klub word bestuur deur ‘n bestuurskomitee wat jaarliks tydens ‘n algemene jaarvergadering van die lede verkies word en bestaan uit ‘n voorsitter, ondervoorsitter, sekretaresse, tesourier en twee bykomende lede.
Die klub is ‘n oop klub wat lidmaatskap toestaan aan enige persoon in Suid-Afrika wat in voetslaanaktiwiteite belangstel (ongeag waar die persoon woon), die bepalings van die grondwet van die klub aanvaar en daarvolgens optree. Persone wat in lidmaatskap belangstel, moet ‘n aansoekvorm voltooi wat by die sekretaresse of verder ondertoe op
Die klub is ‘n oop klub wat lidmaatskap toestaan aan enige persoon in Suid-Afrika wat in voetslaanaktiwiteite belangstel (ongeag waar die persoon woon), die bepalings van die grondwet van die klub aanvaar en daarvolgens optree. Persone wat in lidmaatskap belangstel, moet ‘n aansoekvorm voltooi wat by die sekretaresse of verder ondertoe op hierdie webblad verkry kan word. Die klub verwelkom deelname van belangstellende nie-lede aan sy aktiwiteite, waar die reëling geld dat ‘n nie-lid met die eerste uitstappie gratis kan deelneem, maar daarna ‘n deelnamefooi moet betaal per aktiwiteit wat hy/sy
meemaak. Die deelnamefooi word jaarliks hersien. Klublede kry altyd voorkeur by aktiwiteite waar daar ‘n beperking op getalle is.
Die klub beskik oor ‘n grondwet wat deur sy lede goedgekeur is en waarvolgens die funksies en aktiwiteite van die klub bedryf word. Die grondwet is hier onder in die lys van dokumente beskikbaar.
Die bestuurskomitee van die klub stel jaarliks aan die begin van die jaar ‘n program op van aktiwiteite wat gedurende die jaar sal plaasvind. Elke aktiwiteit is toegeken aan ‘n organiseerder wie se kontakbesonderhede op die program verskyn. Die beleid van die klub is verder dat enige lid vry moet voel om ‘n aktiwiteit te reël op ‘n datum
Die bestuurskomitee van die klub stel jaarliks aan die begin van die jaar ‘n program op van aktiwiteite wat gedurende die jaar sal plaasvind. Elke aktiwiteit is toegeken aan ‘n organiseerder wie se kontakbesonderhede op die program verskyn. Die beleid van die klub is verder dat enige lid vry moet voel om ‘n aktiwiteit te reël op ‘n datum wat nie bots met ‘n datum op die program nie en dan ander klublede daarby te betrek – die komitee sal die persoon help om die inligting na alle lede toe deur te gee. Die huidige jaarprogram is hier onder in die lys van dokumente beskikbaar.
Die bestuurskomitee probeer om die program te balanseer met aktiwiteite wat soveel voorkeure as moontlik bevredig, dus word korter en langer, makliker en moeiliker, nader en verder aktiwiteite in die vorm van dagstappe, naweekstappe (2 dae), naweke met dagstappe, en langer stappe (4 tot 8 dae) gereël. Aktiwiteite op die program kan op eni
Die bestuurskomitee probeer om die program te balanseer met aktiwiteite wat soveel voorkeure as moontlik bevredig, dus word korter en langer, makliker en moeiliker, nader en verder aktiwiteite in die vorm van dagstappe, naweekstappe (2 dae), naweke met dagstappe, en langer stappe (4 tot 8 dae) gereël. Aktiwiteite op die program kan op enige plek in Suider-Afrika wees – dit is nie beperk tot die Wes-Kaap nie.
Lede betaal ‘n minimale jaarlikse bedrag ledegeld aan die klub, wat gebruik word vir administratiewe funksies en ook om sekere klubaktiwiteite te subsidieer. Die bedrag word elke jaar by die algemene jaarvergadering hersien en goedgekeur.
Wanneer ‘n persoon om lidmaatskap van die klub aansoek doen, onderneem hy/sy onder andere om die klub, sy bestuur en lede te vrywaar teen enige eis vir skade of verlies van watter aard ook al voortspruitend uit enige uitstappie of aktiwiteit van die klub en sy lede. Lede neem op eie risiko aan aktiwiteite van die klub deel.
Klublede ontvang gereelde kommunikasie per e-pos oor aktiwiteite op die program.
As jy as 'n nuwe lid wil aansluit, is jy baie welkom! Voltooi die aansoekvorm wat hier onder in die lys van dokumente beskikbaar is en hanteer dit soos op die vorm aangedui.
As jy graag wil saam kamp by Louvain (tussen George en Uniondale) en dagstappe wil doen, kontak vir Cassie Coetzee om te bespreek of vir meer inligting. Cassie Coetzee - 082 855 0115 / cascoetzee5@gmail.com
Hierdie dagstap by die interessante Redstone Hills tussen Oudtshoorn en Calitzdorp is ook n relatief maklike stap vir almal wat net bietjie wil wegkom van alles af. Vir meer inligting, kyk die program verder ondertoe op die webwerf of kontak
Wessel Steyl - 082 307 1584 / wesselsteyl@ultrahost.co.za
Hierdie dagstap vanaf Sputnik in die Outeniquapas teen Vensterberg op is altesaam ongeveer 8 km, en 'n mens styg vanaf die beginpunt tot bo-op die berg ongeveer 520 m bo seevlak. Die stap vereis dus goeie klimvermoë en stamina. Kyk die program verder ondertoe op die webwerf vir meer inligting, of kontak Danie Steyl - 078 469 3727 / daniesteyl57@gmail.com
Het jy 'n vraag oor een van ons aktiwiteite? Stuur 'n boodskap, ons sal jou so gou as moontlik antwoord.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.