Klein Karoo Voetslaanklub

Klein Karoo VoetslaanklubKlein Karoo VoetslaanklubKlein Karoo Voetslaanklub

Klein Karoo Voetslaanklub

Klein Karoo VoetslaanklubKlein Karoo VoetslaanklubKlein Karoo Voetslaanklub

Welkom by Klein Karoo Voetslaanklub

Welkom by Klein Karoo VoetslaanklubWelkom by Klein Karoo VoetslaanklubWelkom by Klein Karoo Voetslaanklub
Kontak ons

INLIGTING

A lone hiker walks along a narrow trail in a grassy, rocky landscape under a clear blue sky.

Kontakbesonderhede

Kontakbesonderhede

Kontakbesonderhede

Enige inligting oor die klub kan op hierdie webwerf of van een van die volgende persone bekom word:

Voorsitter: Danie Steyl

078 469 3727

daniesteyl57@gmail.com

Sekretaresse: Jolinda Viljoen

073 895 1276

kalpjc1@gmail.com

Hikers walking on a trail through grassy hills towards a mountain under clear blue sky.

Doel

Kontakbesonderhede

Kontakbesonderhede

Die doel van die klub is om op ‘n georganiseerde wyse geleenthede aan sy lede te bied om aan gesonde voetslaanaktiwiteite in die natuur deel te neem. 

Bestuur

Kontakbesonderhede

Lidmaatskap

Die klub word bestuur deur ‘n bestuurskomitee wat jaarliks tydens ‘n algemene jaarvergadering van die lede verkies word en bestaan uit ‘n voorsitter, ondervoorsitter, sekretaresse, tesourier en twee bykomende lede. 

Four hikers walking along a grassy coastline under clear blue skies.

Lidmaatskap

Lidmaatskap

Lidmaatskap

Die klub is ‘n oop klub wat lidmaatskap toestaan aan enige persoon in Suid-Afrika wat in voetslaanaktiwiteite belangstel (ongeag waar die persoon woon), die bepalings van die grondwet van die klub aanvaar en daarvolgens optree. Persone wat in lidmaatskap belangstel, moet ‘n aansoekvorm voltooi wat by die sekretaresse of verder ondertoe op

Die klub is ‘n oop klub wat lidmaatskap toestaan aan enige persoon in Suid-Afrika wat in voetslaanaktiwiteite belangstel (ongeag waar die persoon woon), die bepalings van die grondwet van die klub aanvaar en daarvolgens optree. Persone wat in lidmaatskap belangstel, moet ‘n aansoekvorm voltooi wat by die sekretaresse of verder ondertoe op hierdie webblad afgelaai kan word. Die klub verwelkom deelname van belangstellende nie-lede aan sy aktiwiteite, waar die reëling geld dat ‘n nie-lid met die eerste uitstappie gratis kan deelneem, maar daarna ‘n deelnamefooi moet betaal per aktiwiteit wat hy/sy

meemaak. Die deelnamefooi word jaarliks hersien. Klublede kry altyd voorkeur by aktiwiteite waar daar ‘n beperking op getalle is. 

People walking along a sandy beach with dunes in the background.

Grondwet

Lidmaatskap

Jaarprogram

Die klub beskik oor ‘n grondwet wat deur sy lede goedgekeur is en waarvolgens die funksies en aktiwiteite van die klub bedryf word. Die grondwet is hier onder in die lys van dokumente beskikbaar. 

Jaarprogram

Lidmaatskap

Jaarprogram

Die bestuurskomitee van die klub stel jaarliks aan die begin van die jaar ‘n program op van aktiwiteite wat gedurende die jaar sal plaasvind. Elke aktiwiteit is toegeken aan ‘n organiseerder wie se kontakbesonderhede op die program verskyn. Die beleid van die klub is verder dat enige lid vry moet voel om ‘n aktiwiteit te reël op ‘n datum 

Die bestuurskomitee van die klub stel jaarliks aan die begin van die jaar ‘n program op van aktiwiteite wat gedurende die jaar sal plaasvind. Elke aktiwiteit is toegeken aan ‘n organiseerder wie se kontakbesonderhede op die program verskyn. Die beleid van die klub is verder dat enige lid vry moet voel om ‘n aktiwiteit te reël op ‘n datum wat nie bots met ‘n datum op die program nie en dan ander klublede daarby te betrek – die komitee sal die persoon help om die inligting na alle lede toe deur te gee. Die huidige jaarprogram is hier onder in die lys van dokumente beskikbaar.

Aktiwiteite

Aktiwiteite

Aktiwiteite

Die bestuurskomitee probeer om die program te balanseer met aktiwiteite wat soveel voorkeure as moontlik bevredig, dus word korter en langer, makliker en moeiliker, nader en verder aktiwiteite in die vorm van dagstappe, naweekstappe (2 dae), naweke met dagstappe, en langer stappe (4 tot 8 dae) gereël. Aktiwiteite op die program kan op eni

Die bestuurskomitee probeer om die program te balanseer met aktiwiteite wat soveel voorkeure as moontlik bevredig, dus word korter en langer, makliker en moeiliker, nader en verder aktiwiteite in die vorm van dagstappe, naweekstappe (2 dae), naweke met dagstappe, en langer stappe (4 tot 8 dae) gereël. Aktiwiteite op die program kan op enige plek in Suider-Afrika wees – dit is nie beperk tot die Wes-Kaap nie.

Ledegeld

Aktiwiteite

Aktiwiteite

Lede betaal ‘n minimale jaarlikse bedrag ledegeld aan die klub, wat gebruik word vir administratiewe funksies en ook om sekere klubaktiwiteite te subsidieer. Die bedrag word elke jaar by die algemene jaarvergadering hersien en goedgekeur. 

Vrywaring

Aktiwiteite

Kommunikasie

Wanneer ‘n persoon om lidmaatskap van die klub aansoek doen, onderneem hy/sy onder andere om die klub, sy bestuur en lede te vrywaar teen enige eis vir skade of verlies van watter aard ook al voortspruitend uit enige uitstappie of aktiwiteit van die klub en sy lede. Lede moet hulself vergewis van die moeilikheids-graad van aktiwiteite en neem op eie risiko aan aktiwiteite van die klub deel. 

Kommunikasie

Kommunikasie

Kommunikasie

 Klublede ontvang gereelde kommunikasie per e-pos oor aktiwiteite op die program of per Whatsapp-groep aan belangstellendes oor reëlings vir spesifieke stapgeleenthede. 

Nuwe Lede

Kommunikasie

Nuwe Lede

 As jy as 'n nuwe lid wil aansluit, is jy baie welkom! Voltooi die aansoekvorm wat hier onder in die lys van dokumente beskikbaar is en hanteer dit soos op die vorm aangedui.

VOLGENDE AKTIWITEITE

15 AUGUSTUS: HALF-COLLARED KINGFISHER DAGSTAP BY EBB & FLOW (WILDERNES)

Hierdie dagstap van ongeveer 14 km by Ebb & Flo naby Wildernes is ook 'n relatief maklike en baie mooi stap in die natuurlike woude. Dit is 'n heen-en-terug-roete en jy kan omdraai as jy 'n korter afstand wil stap. Kontak vir Danie teen 10 Augustus as jy wil saamgaan sodat hy spesifieke reëlings vir jou kan deurgee.

Danie Steyl 078 469 3727 / daniesteyl57@gmail.com

28-30 AUGUSTUS: KAMPNAWEEK MET TWEE DAGSTAPPE BY ROBBERG EN STINKHOUTKLOOF (PLETTENBERGBAAI)

Hierdie twee mooi dagstappe van onderskeidelik 11 km en  9 km

vereis gemiddelde tot bogemiddelde fiksheid. Kyk asb na die inligting in die volledige jaarprogram verder ondertoe en kontak vir Danie as jy belangstel om saam te gaan.

Danie Steyl 078 469 3727 / daniesteyl57@gmail.com

11-13 SEPTEMBER: BOOSMANSBOS NAWEEK-STAP (tussen Riversdal en Swellendam)

Hierdie is 'n mooi oornagstap van twee dae met 'n groot sak in die Grootvadersbosch Natuurreservaat in die berge tussen Heidelberg en Swellendam waarvoor jy maar fiks moet wees. Kontak vir Wessel voor 30 Junie sodat hy die nodige reëlings met die groep kan tref.

Wessel Steyl  0823071584 / wesselsteyl@ultrahost.co.za 

kontak ons / CONTACT US

Stuur 'n Boodskap / Send a Message

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

Het jy 'n vraag oor een van ons aktiwiteite?  Stuur 'n boodskap, ons sal jou so gou as moontlik antwoord.

Stuur 'n WhatsApp-boodskap

AANSOEKVORMS / APPLICATION FORMS

KKVK Aansoek (2026) (docx)Download
KKVK Aansoek (2026) (pdf)Download
KKHC Application (2026) (docx)Download
KKHC Application (2026) (pdf)Download

jaarprogram en ander DOKUMENTE

KKVK Program 2026 (14 Jul) (pdf)Download
KKVK Program 2026 Opsomming (14 Jul) (pdf)Download
KKVK Bekendstellingspamflet (pdf)Download
KKHC Introductory Pamphlet (pdf)Download
KKVK Vrywaringsvorm (Lede) (pdf)Download
KKHC Indemnity Form (Members) (pdf)Download
KKVK Mediese Vorm (pdf)Download
KKHC Medical Form (pdf)Download
KKVK Grondwet (27 Jan 2023) (pdf)Download
KKHC Constitution (27 Jan 2023) (pdf)Download
Staplys (docx)Download
Hiking List (docx)Download

STAPTOER VERSLAE

Stapverslag Wolwedans Dagstap 11 Jul 2026 (pdf)Download
Stapverslag Meiringspoort 04 Jul 2026 (pdf)Download
Stapverslag Bloupunt en Cogmanskloof 13-14 Jun 2026 (pdf)Download
Stapverslag Vicbaai na Kaaimans Grotto 30 Mei 2026 (pdf)Download
Stapverslag Groeneweide 18 April 2026-1 (pdf)Download
Harkerville Naweekstap 27-29 Mrt 2026 Verslag (pdf)Download
Gamkarivier Dagstap Verslag 21 Feb 2026 (pdf)Download
Arangieskop Naweekstap Verslag 18-19 Okt 2025 (pdf)Download
Tierkloof Dagstap Verslag 23 Aug 2025 (pdf)Download
Vensterberg Dagstap Verslag 02 Aug 2025 (pdf)Download
Antjie se Pad Verslag 10-15 Apr 2025 (pdf)Download
Seweweekspoortpiek Stap Verslag 14-16 Mrt 2025 (pdf)Download
Bothashoek Maanligstap Verslag 14-15 Feb 2025 (pdf)Download
Sputnik-Camferskloof Dagstap Verslag 23 Nov 2024 (pdf)Download

foto's - STAPGROEPE

Show More

WOLWEDANSDAM DAGSTAP 11 JULIE 2026

Show More

MEIRINGSPOORT DAGSTAP 04 JULIE 2026

BLOUPUNT EN COGMANSKLOOF DAGSTAPPE 13 & 14 JUNIE 2026

Show More

GROENEWEIDE DAGSTAP 18 APRIL 2026

Arangieskop naweekstap 18-19 Okt 2025

Show More

TIERKLOOF DAGSTAP 23 AUGUSTUS 2025 (GAMKABERG)

Ready to take the next step?

Join us and discover what we can do for you.

Get Started

Copyright © 2026 Klein Karoo Voetslaanklub - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept